Ouma ervaar inwoners se welwillendheid

In ‘n week wat Suid-Afrikaners moes toekyk hoe winkelsentrums geplunder word, het ‘n Tzaneense ouma die welwillend-heid van inwoners ervaar toe sy op die roltrap by Game in die Tzaneng Mall geval het.

Marietjie Prinsloo vertel sy was Donderdag 15 Julie saam met haar dogter Carmen Taute en haar kleinseun, Pedrie (3) in die sentrum toe sy en Pedrie besluit het hulle gaan solank na die motor in die parkade bo Game.

Sy het voor gestap en toe sy op die trap klim, het sy haar balans verloor en geval. Die roltrap het aanhou beweeg en haar voete het na bo gelê.

“Iemand het die roltrap se noodstop gedruk en die roltrap het tot ‘n stilstand gekom,” vertel sy.

Lees ook: Tzaneen: Hulle sit die stop terug

Sy sê mense het haar te hulp gesnel en haar opgetel.

“‘n Ander persoon het my pakkies by hulle gehou terwyl nog ‘n vrou na Pedrie, wat aan die onderkant van die trap gestaan het, omgesien het.”

Sy sê die vrou wat haar opgetel het het in perfekte Afrikaans gevra, “Tannie, is jy oukei.”

“Ek wil net graag aan almal wat my gehelp het dankie sê.”

Sy sê almal was baie besorgd en het haar gehelp totdat haar dogter kort daarna opgedaag het.

Ek het niks verloor nie en niemand het die situasie uitgebuit nie, ten spyte daarvan dat ek goue juwele aangehad het” het Marietjie gesê.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button