Hoerskool Noordheuwel

Hoërskool Noordheuwel handhaaf ‘n gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur. Die afgelope jare dien dié skool die gemeenskap met trots en daar word jaar na jaar prestasies behaal, ver buite die skool se geografiese grense, wat bekendheid verleen aan die skool. Die prestasies van leerders op akademiese, kultuur- en sportgebied, sowel as die naskoolse prestasies deur oudleerders, getuig van die uitnemendheid wat kenmerkend is van die skool en van die gehalte werk wat daar gelewer word. Hierdie sukses word toegekryf aan uitstekende spanwerk tussen leerders, personeel, asook ‘n ondersteunende ouerkorps. Weereens is ons trots op die matrieks van 2023 se uitslae. Harde werk, lang ure agter die boeke en toegewydheid speel ‘n belangrike rol. Akademie is Nories se prioriteit – ons uitslae getuig daarvan.

 
Back to top button