NewsSchools

Riebeeckrand atlete wys hul staal by Carel de Wet

Hoërskool Riebeeckrand vaar goed tydens hul eerste vriendskaplike atletiekbyeenkoms in vanjaar se atletiek seisoen.

Hoërskool Riebeeckrand het op 25 Januarie aan hul eerste vriendskaplike atletiekbyeenkoms by Hoërskool Carel de Wet deelgeneem en hulself baie goed van hul taak gekwyt.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, was dié byeenkoms in baie goeie gees aangebied en elke deelnemer het ook in dié gees deelgeneem.

“Dit was ‘n baie warm dag gewees, maar dit het geen invloed op ons atlete se puik prestasies gehad nie,” vertel Rickus trots.

Hy vertel verder dat hulle tydens die geleentheid teen skole soos Hoërskool Hans Moore, Hoërskool Overkruin, Hoërskool Nic Diedericks, Hoërskool Westonaria en Hoërskool Carel de Wet moes deelneem.

“Die geleentheid was ‘n reuse sukses en ons atlete het die byeenkoms terdeë geniet,” vertel Rickus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button