NewsSchools

Jannas groet twee staatmaker onderwysers

Na sowat 40-jaar in die onderwys, het Willie en Claudine Kruger onglangs besluit om af te tree en dit is met 'n swaar hart dat Hoërskool Jan Viljoen van dié twee onderwysers afskeid neem.

Na sowat 40-jaar in die onderwys, het Willie en Claudine Kruger onglangs besluit om af te tree en dit is met ‘n swaar hart dat Hoërskool Jan Viljoen van dié twee onderwysers afskeid neem.

Volgens die hoof van Hoërskool Jan Viljoen, het beide Willie en Claudine vir sowat 14 jaar by Jannas skool gehou en het dié twee onderwysers werklik ‘n voorbeeld vir hul mede onderwysers, en leerlinge gestel.

“Ons gaan vir Willie en Claudine baie mis, maar wens hulle alle voorspoed toe en glo dat hulle hul dae as afgetrede onderwysers ten volle sal geniet,” vertel Julius.

“Julle het diep spore in ons harte getrap en sal altyd deel van die Jannas familie bly. Dit gaan moeilik wees om julle te vervang, maar ons wens julle net die beste toe.”

Hoërskool Jan Viljoen se personeel het op 29 Januarie op ‘n baie besonderse wyse van Willie en Claudine afskeid geneem.

“Talle van ons personeellede het ‘n wonderlike drie-gang maaltyd voorberei en ons het almal vir een laaste keer saam Willie en Claudine gekuier,” vertel Julius.

Julius bedank ook elkeen wat soveel moeite met dié geleentheid gedoen het vir hul harde werk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button