Bring eer aan God saam Julius Magan
Die AGS Greenhills gemeente dieb nou die gemeenskap die geleentheid om saam Julius Magan ere aan God te bring.
Die AGS Greenhills gemeente nooi die gemeenskap om op 9 Maart hul eredienste saam met welbekende gospelsanger en prediker Julius Magan te kom geniet.
Volgens die pastoor van dié gemeente, Pastoor Hannes van der Merwe, sal Julius tydens beide hul eredienste by die gemeente op tree.
“Ons tema vir Maart maand is ‘Verlustig jou in Hom’ en daarom is dit ook die tema tydens Julius se besoek aan ons gemeente,” vertel Hannes opgewonde.
Die toegang tot die geleentheid is gratis en daarom nooi Hannes en sy span die gemeenkap hartlik uit om die geleentheid saam met hulle te kom geniet en kwaliteit tyd saam met hul Skepper te kom spandeer.
“Ek glo dat die geleentheid ‘n groot seëning gaan wees vir elkeen wat dit bywoon, daarom doen ek ‘n beroep op die gemeenskap om dit nie mis te loop nie,” vertel Hannes.
Vir meer inligting rondom die gebedsweek, skakel gerus die AGS Greenhills se kerkkantoor tussen 8vm en 2nm by 011 692 3880.



