Sien uit na ‘n geesvervulde vrouekamp
Vroue in die gemeenskap kan nou hul plek bespreek om deel te wees van 'n geesvervulde vroue naweek konferensie.
Pastoor Sakkie en Desiree Holtzhausen nooi alle vroue in die Randfontein gemeenskap om hul plek vir die opkomende Naweek-Vrouekonferensie in Rustenburg te bespreek.
Volgens Desiree, sal die konferensie vanaf 28-30 Maart by die Predators Rock Bush Lodge aangebied word.
“Dit gaan ‘n bekostigbare wegbreeknaweek vir elke vrou wees en boonop elke vrou die geleentheid bied om weer op nuut in kontak met hul Skepper te kom, hul siel, gees en liggaam te vernuwe,” vertel Desiree.
“As die lewe met jou ‘n draai geloop het en jy nie meer weet watter kant toe nie, bespreek jou plek om deel van dié geleentheid te wees.
“Jy gaan nie dieselfde terug huistoe kom nie.”
Desiree vertel verder dat verskeie groot name in die bediening tydens die geleentheid die vroue sal onderrig en talle aspekte van Godsdiens met hulle sal behandel.
Tiaan Gildenhuys – bekend vir ‘Maak jou huis skoon’ sal by die konferensie betrokke wees. Hy sal die onderwerp ‘Vrou is jy in God se wil’ aanbied.
Pastoor Wally Rheeders van Hartebeespoort Dam bied ‘Die Hemelse Vrou’ aan en Dr Adri Armstrong van Rustenburg sal ook een van die aanbieders wees.
“Ons nooi elke vrou wat dit goeddink om die geleentheid by te woon om deel te word van die naweek.
“Dit gaan jou hele lewe verander. Bespreek jou plek vroegtydig om telleurstelling te voorkom,” vertel Desiree
Vir meer inligting, kontact vir Desiree Holtzhausen by 083 309 5597



