EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Jukebox Roadshow kuier by die skou

Inwoners van Randfontein geniet hulself gate uit tydens die Jukebox Roadskow se optrede by die Randfontein Skou.

Die inwoners van Randfontein het op 26 Februarie die geleentheid gekry om lekker saam met die gewilde KykNet musiekprogram Jukebox Roadshow se kunstenaars by die Randfontein Skou te kuier.

Die welbekende Afrikaanse musiekprogram Jukebox, het hul Roadshow vanjaar by die Randfontein Skou aangebied en van Suid-Afrika se topkunstenaars het tydens dié geleentheid opgetree.

Dié kunstenaars het die aanbieder van Jukebox op KykNet Musiek – Pieter koen, Ricus Nel, Adam en die nuwe Afrikaanse sanggroep – Mwha, ingesluit.

Inwoners van Randfontein het al van vroegmiddag af by die skou se Absa tent ingestroom om ‘n plekkie te kry om dié groep kunstenaars op die verhoog te sien.

Elkeen teenwoordig het die optrede baie geniet en sommer lekker saam gesing en hande geklap.

Click here for all the photos of day 1 of the Randfontein Show.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button