Local newsMunicipalNews

Kabeldiefstal ruk hand uit

‘Dis ‘n Wes-Rand probleem’ — raadslid.

Indien daar nie binnekort iets aan kabeldiefstal gedoen word nie sal die dorp permanent sonder krag sit.

So sê Evert du Plessis, DA Caucus Leier in Randfontein.

Volgens Du Plessis word hy oorval met oproepe – byna 17 ‘n week – oor elektrisiteitsprobleme, veral straatligte wat nie werk nie. Hy meen dat dit deur kabeldiesftal aangevuur word en dat dit twee of drie keer ‘n week gebeur.

“Ons vra die gemeenskap om op die uitkyk te wees vir verdagte voertuie, veral lorries of trokke wat laataand of vroegoggend in woongebiede rondry. Kontak onmiddelik die gemeenskapspolisiëringforum (GPF) of polisie.

“Dit is nie net ‘n probleem in Randfontein nie, maar aan die hele Wes-Rand.

“Hierdie is beslis ‘n sindikaat en nie ‘n een-man-besigheid nie. Hierdie mense weet presies waar die kabels is,” meen hy.

“Hulle parkeer ‘n trok van ‘n paar ton vroeg die oggend langs die kabels, sit ‘n leer teen die paal en knip die kabels. So ‘n diefstal kan tussen vyf en 10 minute neem,” sê Du Plessis.

Die mees onlangse voorval is glo by die Greenhills Stadion. Areas wat geteiken word is Greenhills en Homelake.

“Om sulke kabels te vervang kos miljoene, verder het dit ‘n baie negatiewe impak op inwoners. Dié is beslis ‘n tydbom en inwoners sal dan baie omgekrap wees.”

Du Plessis sê daar sal dringend aandag aan die probleem gegee word.

Kabeldiefstal is 'n ernstige probleem.
Kabeldiefstal is ‘n ernstige probleem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button