Local newsMunicipalNews

Hervestiging van wit plakkers ‘n tameletjie — VF Plus

Groepe se planne om na ʼn landbouhoewe buite Randfontein te verhuis die besprekingspunt.

Die onmin en verdeeldheid wat onder die inwoners van die Kroningspark-plakkerskamp in Mogale City net buite Randfontein heers, kan nie voor die deur van ʼn politieke party of organisasie geplaas word nie het die Vryheidsfront Plus se Amanda de Lange in ‘n verklaring gesê.

“Een van die groepe se planne om na ʼn landbouhoewe buite Randfontein te verhuis, het platgeval en hulle word nou gedwing om in Munsieville te hervestig. Dié groep word gelei deur die huidige kampbestuurder. Die kampbestuurder sê hulle is tevrede met die huidige stand van sake,” het de Lange gesê.

Volgens de Lange was elke gesin verantwoordelik om hul name op die lys van hul keuse te plaas.

“Daar word seker gemaak dat elke groep, sover moontlik, kry wat hulle nodig het om selfversorgend te raak.

“Die spesifieke stuk grond in Munsieville, wat blykbaar ‘n ou vullishoop was, word ook deur ander groepe wat deur uitsettingsbevele geraak was, bewoon. Dit verander egter niks aan die feit dat daar klaarblyklik nie behoorlike grond- en gesondheidsimpakstudies hier gedoen is alvorens die mense daarheen verskuif is nie. Die stukke glas, papier en ander afval maak dit ʼn veiligheid- sowel as gesondheidsrisiko, veral vir klein kindertjies waarvan daar heelwat is,” sê de Lange.

De Lange het ook gewaarsku teen organisasies sonder NGO-nommer wat fondse en skenkings insamel vir die integrasieproses .

“Ons het reeds heelwat klagtes ontvang van mense wat selfs die ‘facebook’ blaaie volg en skenkings probeer ‘onderskep’.”

Sy het bevestig dat daar voorheen heelwat skenkings aan die behoeftiges verlore gegaan het omdat dit nie versprei is onder Kroningspark-inwoners soos onderneem is nie.

Rdl. de Lange besoek steeds die nuwe Munsieville-inwoners op ʼn gereelde basis en volgens haar het ʼn paar inwoners reeds begin tuinmaak.

“Ek bly egter deurgaans betrokke in ʼn poging om te verseker dat die plakkers in Munsieville se lewensomstandighede verbeter,” sê sy.

Verwante artikels:

VIDEO: Pandemonium onder Kroningsparkplakkers

Plakkers vergader met Mogale City oor verskuiwing

Klankgreep: Wit plakkers spat uitmekaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button