Local newsMunicipalNews

Voor jy jou hond ‘n been gee …

Die nadele van bene voer oortref die voordele by verre – veearts.

As jou beste vriend, jou hond, jou met groot oë smeek vir dai T-been, dink aan die nadele en gee hom/ haar eerder ‘n lekkerny wat goed is vir sy tande en maag.

So het dr Hendrik Naudé van die Randfontein Dierehospitaal gesê. Naudé waarsku mense oor bene vir honde voer.

Volgens hom is honde en katte geklassifiseer as karnivore of vleisvreters.

“Vleis (spiere) sit aan bene vas, daarom vreet hulle bene. Die voedingswaarde van die been self is baie min – die kalsium en ander soute in die been word in die hond se maag verteer, beweeg dan deur die derms en word uitgemis. Daarom sien jy soms dat droë hondemis wit lyk,” het hy verduidelik.

Volgens Naudé oortref die nadele van bene die voordele. Sy redes is as volg:
• Die stukkend byt van bene lei tot gebreekte tande. Min ou honde wat bene gevoer word het heel tande.
• Bene steek in die bek of slukderm vas.
• Bene kan tot hardlywigheid lei.
• Ou verrotte bene is dikwels met kieme besmet wat siektes soos lamsiekte (botulisme) en diaree veroorsaak. Vandag se hondekos op die winkelrakke is meestal goed gebalanseer. Geen ekstra voeding soos vitamiene, vette en olies is nodig nie.

“Die kwaliteit van die duurder kosse is ook gewoonlik beter. Nola het byvoorbeeld veeartse en voedingkundiges wat die kos vir onder andere gifstowwe, voedingswaarde en smaaklikheid toets.

“Die goeie maatskappye vervang die suurstof in die sak kos met stikstof voor hulle die sak seël. Dit voorkom dat die kos in die sak oud word. Nadat jy ‘n sak kos oopgemaak het, kom suurstof in die sak wat die kos vinnig laat oud word. Daarom word dit aanbeveel dat jy nooit ‘n sak kos moet koop wat langer as twee weke hou nie,” het Naudé gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button