Kragdiewe vererger die nood
'Ongemagtigde elektrisiteitverbindings vanaf Pelzvalle kos elke liewe belastingbetaler'.
Ongemagtigde elektrisiteitverbindings vanaf Pelzvalle kos elke liewe belastingbetaler in Randfontein,” het Gerhard Kruger, een van Randfontein se DA-raadslede verduidelik.
‘n Bekommerde inwoner het Kruger gekontak oor die onwettige aansluiting waarna Kruger en Alwyn van Tonder, ook ‘n raadslid, gaan ondersoek instel het.
“Ons het die elektriese draad vinnig opgemerk waar dit van die krag paal af in die grond ingeloop het. Die drade is met dun insolasie verbind wat bitter gevaarlik is,” het Gerhard verduidelik.
Die elle lange draad is dan begrawe onder die onbenoemde grondpad wat parallel met die R28 loop, waar dit dan deur ‘n storm water drein, onder die R28, honderde meters vêr na Mohlakeng se nuwe area toe gevoer is.
Volgens Gerhard, het die munisipaliteit nog nie krag na die nuwe afdeling toe uitgelê nie. Die herald het gaan kyk of die draad se uiteinde opgespoor kon word maar ‘n dugte veld en slegte paaie het die soek belemmer. ‘n Hele paar van die nuwe huise gebou in die area het DSTV-skottels wat bewys dat hulle wel krag het.
‘n Paar van die inwoners is gevra waar hulle krag vandaan kom en terwyl een vrou vertel het hoe hulle kragopwekkers gebruik (wat sy nie wou bewys nie) het ‘n ander gesê hulle gebruik sonopwekkers (waarvan daar ook geen teken was nie).
“Die draad is gekoppel aan ‘n hoof kraglyn wat dit onmoontlik maak om op te merk. Die munisipaliteit is in die moeilikheid oor uitstaande Eskom-rekeninge, maar selfs as almal hulle uitstaande rekeninge betaal, gaan die krag as ‘n verlies opgetel word en dan gaan ons dit uit ons sakke moet betaal,” het Kruger gesê.
In ‘n persverklaring uitgereik deur Eskom is gesê dat die elektrisiteit na sowat 20 swakbetaalde munisipaliteite afgesny gaan word as dit nie betaal word nie. Die elektrisiteit sal vanaf 5 Junie 2015 afgesluit word na Randfontein en Westonaria om net ‘n paar te noem.
Volgens Eskom is daar sowat R3.68 biljoen uitstaande van die 20 munisipaliteite waarvan ‘n groot gedeelte van daardie gelde as gevolg van kragdiewe is.
Verwante artikel:
Bad news for R’fontein, Wária municipalities






