Local newsLocal sportNewsSport

Helfte-helfte vir Teine/ Wanderers

Teine wen twee van hul vier kragmetings teen Wanderers.

Teine het die afgelope naweek Vrydag (10 April) gasheer gespeel teen Wonderers waar vier spanne in aksie was.

Die senior span naamlik die eerstespan het gerus terwyl die 2des, 3des, o.19- en o.21-spanne op ‘n bitter koue aand moes kragte meet.

Die o.19s het 16-10 geseëvier en alhoewel albei spanne slegs een drie kon druk het Randfontein se skopvoet die wenner bepaal. Die o.21s het naelskraap 10-7 verloor asook die derde span (22-0).

Die tweedespan het weer trots herwin deur hul opponent in ‘n dramatiese kragmeting met 15-14 te klop.

Die eerstespanne van Teine en Wanderers sal eers in Junie teen mekaar te staan kom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button