Local newsMunicipalNews

Noodplan vir donker dae

'Daar is 'n meer as 50 persent kans vir 'n netwerkineenstorting'

Die Solidariteit Navorsingsinstituut het ‘n Nasionale Noodplan saamgestel om gemeenskappe voor te berei op die moontlike kragnetwerkineenstorting wat die land kan tref en twee weke lank kan duur.

Inge Strydom, die woordvoerder vir die Solidariteit Navorsingsinstituut het verduidelik dat die plan saamgestel is om die gemeenskap te help om die krisis beter te hanteer as dit ‘n werklikheid sou word.

Ted Blom, ‘n kommersiële uitvoerende ontleder en afrigter het by die Nersa-sitting gesê, “Daar is meer as ‘n 50 persent kans dat die land se kragnetwerk sal ly en ‘n totale ineenstorting veroorsaak.”

“Ben Molefe, tussentydse hoof uitvoerende beampte van Eskom het gesê al is daar bewerings dat Suid-Afrika ‘n kragnetwerkineenstorting gaan beleef, glo hy die vooruitsig van ‘n ineenstorting bestaan feitlik nie.”

Die noodplan is beskikbaar op www.solidariteit.co.za.

Volledige Noodplan hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button