Local newsMunicipalNews

Kocksoord kry ‘n park

Inwoner het voorheen vir die jeug se toekoms gevrees, maar nie meer nie.

Kotie Joubert, ‘n 14 jaar lange inwoner van Kocksoord het die Herald genooi om na die nuutste ontwikkeling in hul area te gaan kyk.

Kotie, wat in Horakstraat woon, was eers baie skepties en angstig oor die ontwikkeling reg oorkant haar woning maar Gerhard Kruger, DA-raadslid het haar gerus gestel dat daar ‘n park ontwikkel gaan word.

Vir ‘n klompie jare was Kotie se grootste bekommernis die jeug. Sy het verduidelik omdat die jeug in Kocksoord niks het om te doen nie raak hulle by die verkeerde aktiwiteite betrokke, waarvan die gebruik van nyaope een is.

Sy glo ‘n park sal iets positief wees om op te fokus en dat die kinders besig gehou sal word met aktiwiteite wat tot hul voordeel strek.

Kotie en haar man voel dat Kocksoord baie afgeskeep word, veral as daar gekyk word na die toestand van die paaie.

Op 18 Augustus het dit gelyk of daar lig aan die einde van die tonnel is. Kotie se droom is bewaarheid toe die werkers op die perseel haar weer verseker het dat ‘n park wel ontwikkel word, en dat daar selfs oefenapparaat geïnstalleer gaan word.

Kotie het genoem daar is talle voëlspesies in die area en as daar hopelik ook ‘n paar bome geplant word, sal dit Kocksoord se natuurlewe bevorder.

Die park, wat voorheen net ‘n stortingsterrein was, gaan nou soos ‘n paradys in Kocksoord word.

Eers was hierdie perseel 'n stortingsterrein maar hier is werkers besig om 'n nuwe park te ontwikkel.
Eers was hierdie perseel ‘n stortingsterrein maar hier is werkers besig om ‘n nuwe park te ontwikkel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button