Local newsLocal sportNewsSchoolsSport

Rappies straal uit in landloop

Sewe Rappies-atlete haal D2-span.

Die D2-landloopkampioenskappe was onlangs by Hoërskool Monument gehou waar Rappies se landlopers gewys het hulle is die beste in die Wes-Rand.

Die sewe atlete van Rappies wat die D2-span gehaal het was toe op Saterdag 19 September tydens die Gauteng Kampioenskappe in Pretoria in aksie.

Daar is gesê uit die hele Carletonville, Westonaria, Randfontein en Krugersdorp-area kies hulle slegs die eerste ses landlopers uit ongeveer 80 tot 90 leerlinge wat wegspring.

Rappies is baie trots op die volgende atlete:

• Liesl Pio (2de – silwermedalje)

• Sandra Wijtenburg (2de – silwermedalje)

• Dylan Pienaar (3de – bronsmedalje)

• Kayla Minnie (3de – bronsmedalje)

• Lee-Ona Pretorius – (4de)

• Ashley Minnie – (5de)

• Regardt Tiedt – (6de)

Die uitslae van die Gauteng Kampioenskappe is teen druktyd nog nie bekend nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button