Medaljes net waar jy kyk vir Goju Ryu
Plaaslike karateklub staan uit in Johannesburg.
Die Goju Ryu-karateklub in Randfontein het na van die Interskole Kampioenskappe in Johannesburg die afgelope naweek met ‘n handvol medaljes teruggekeer.
Byna 500 karateka van skole in Gauteng, KwaZulu-Natal en selfs so vêr as die Kaap het deelgeneem.
Die volgende karateka het medaljes verower:
• Rujuan Jansen van Vuuren (Hoërskool Riebeeckrand) – silwer vir kumite en brons vir kata
• Ru-Anne Jenkinson (Laerskool Rapportryer) – brons vir kata en brons vir unison kata
• Anri Graaff (Laerskool Randfontein) – brons vir unison kata
• Christel Graaff (Laerskool Randfontein) – brons vir unison kata
Klasse word op Maandae en Woensdae vanaf 5.30nm in Laerskool Randfontein se skoolsaal aangebied.
• Navrae: Eugene van Staden 082 805 7156.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



