Local newsNews

Kersfeesgeskenke vir jonk en oud

Die Indigo Christmas Shoebox-projek het op 13 Desember vir baie dankbare harte gesorg.

Die gemeenskap het hul harte vir die minderbevoorregte kinders en bejaardes van R’fontein oopgemaak.

Die Indigo Helping Hand Foundation-tak in Randfontein het op 13 Desember 30 geskenk- en lekkergoedpakkies met behulp van Kersvader uitgedeel. Die pakkies is deur lede van die gemeenskap geskenk.

Kylie Erasmus (Junior Mej Randfontein) het saam met Kersvader, gespeel deur 44-jarige Pieter Viviers, die geskenke uitgedeel. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“Ons het vir die skenker die naam en ouderdom van die persoon gegee en hulle kon die boks volmaak soos hulle goeddink. Ek dink baie van die ontvangers het ‘n groot verrassing gekry,” het Demi van Wyk, die administrasieklerk gesê.

Kylie Erasmus (Junior Mej Randfontein) het saam met Kersvader, gespeel deur 44-jarige Pieter Viviers, die geskenke uitgedeel. Foto: Jaco-Mari Futcher.

Annemarie Brink, die stigter, asook Kylie Erasmus (Junior Mej Randfontein) en Juanita Venter van Petite Chef Kookskool het saam met Kersvader, gespeel deur 44-jarige Pieter Viviers, die geskenke uitgedeel.

Die Indigo Helping Hand Foundation-tak in Randfontein het 30 geskenk- en lekkergoedpakkies met behulp van Kersdvader uitgedeel. Foto: Jaco-Mari Futcher.

“Ek wil spesiaal dankie sê vir Elmari Nolte van Oxygen Models, Jan van Wyk van Tramtrade, Hannes Dreyer en Januz Boryna van M3 Supplies, Caroline van der Westhuizen en Joanne Fadder, Gerhard Mulder en Chané Krause van die Café Beauté. Dankie vir elkeen wat ‘n bydra gemaak het. Ons kon dit nie sonder julle gedoen het nie. Julle is sowaar engele,” het Demi gesê.

Elke kind en bejaarde het breed geglimlag oor hul geskenke – vir baie van hulle was dit die enigste Kersgeskenk wat hul vanjaar sal kry.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button