Local newsNews

‘Help my kos op die tafel sit’

Sarie* wil net in staat wees om vir haar dogter te sorg.

‘n Ma van Middelvlei probeer hard om haar 10-jarige dogter alles in die lewe te gee wat sy nodig het, maar dit is nie vir haar maklik nie.

Sarie*, 44, is ‘n enkelma, en sy het vertel dat hulle van Paarl in die Wes-Kaap af kom, waar sy voor die inperking as ‘n sjef gewerk het. Weens die grendeltyd is die besigheid egter gelikwideer.

Daarna het ek eers huise skoongemaak, maar die geld het ook minder geraak. Ek het toe as ‘n kroegdame gewerk maar toe die kroeg sluit het ek van die een huis na die ander in Paarl gegaan om werk te vra.”

Sarie het uiteindelik as ‘n karwag in Richardsbaai begin werk maar mense het haar veroordeel en sy het met allerhande probleme te doen gekry, maar sy het geweet sy moes iets doen om te sorg dat haar kind kos kry.

“Ek het vir die mense gesê dat ek nie skaam is oor wat ek doen nie; ‘n werk is ‘n werk.”

Sy het gebid en gevra vir uitkoms, en ‘n pastoor en ‘n paar ander mense het vir hulle albei buskaartjies Randfontein toe gekoop omdat mense wat sy daar ken sekere beloftes aan haar gemaak het, waarvan uiteindelik niks gekom het nie.

Toe ek en my dogter Adri* in Randfontein kom was ons op straat. Ek het my CV oral ingegee maar nog niks gehoor nie, Ek bekommer my nie oor myself nie, ek bekommer my oor my kind.

Ander mense het hulle oor Sarie-hulle ontferm en vir hulle ‘n woonstel gegee om in te bly sodat hulle darem ‘n dak oor hul koppe kon hê, en hulle help hulle met kos waar hulle kan.

“‘n Mens kry dit nie sommer dat mense vir ander omgee nie, maar ek is nie daaraan gewoond om enige iets verniet te kry nie.”

Dit is nie vir haar lekker om oor hul huidige situasie te praat nie.

“Ek dank God; Adri is my hele lewe en ek wil alles vir haar kan gee. Ek kan nie tou opgooi nie want wie gaan na haar kyk?”

Deur ander se hulp is Adri by Laerskool Rapportryer aanvaar waar sy nou in Graad 4 is, en Sarie is hard op soek na werk sodat sy vir haar dogter kan sorg.

Ek het nie kwalifikasies nie maar ek het baie ondervinding; ek sal enige iets doen om kos op die tafel te sit.”

Enige iemand wat weet van beskikbare poste word versoek om asseblief die Herald te epos by desirer@caxton.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button