AdvertorialBusinessNewsSponsored

Lombard bou al vir 40 jaar goeie bande in die gemeenskap

Wanneer jy vir die beste prys en kwaliteit soek wanneer dit by bande kom, hoef jy nie verder as Lombard Tyres te kyk nie.

Lombard Tyres vier vanjaar hul 40ste bestaansjaar en saam met uitstekende pryse, gehalte produkte en uitmuntende kliëntediens beskou dié maatskappy hul gemeenskap as deel van die Lombard-familie.

Mauritz Lombard die stigter het vertel dat hulle bitter dankbaar is vir die gemeenskap wat die fondasie vir hul maatskappy gevorm het. Dit het alles in 1983 begin toe Lombard sy eerste tak in Krugersdorp-Wes oopgemaak het. In 1986 was dit die mees modernste en grootste bande winkel in die land. Hulle het daarna uitgebrei na Johannesburg en Roodepoort. Dit was ook gedurende hierdie tyd wat hul bekende Marsman-advertensie meer oor hul takke in Krugersdorp, Roodepoort en Johannesburg vertel het. Van daar af het die Klerksdorp- en Randburg-takke bygekom en in 1989 het hul ‘n hoofkantoor in Boltonia gebou asook hul eie passasiers versolingsfabriek geopen. Tydens die 1987-fase het hul ook hul eie kommersiële vragmotor afdeling begin. Kumho het dan in 2003/2004 die maatskappy gekies om hulle verteenwoordiger te wees.

Die ontstaan van Lombard Tyres.

Hulle het deur die jare so uitgebrei dat hulle vandag met 18 kleinhandelstakke en 10 pakhuise regoor die land spog.

Later het hulle nog ‘n handelsmerk, Goodride, bygevoeg en Lombard het vertel dat hulle trots is om ‘n multi-handelsmerk besigheid te wees. Hulle verskaf ook werk aan meer as 400 mense.

Die hoofkantoor word gebou.

By Lombard Tyres is jy nie net ‘n nommer nie, ons het ‘n passie vir ons mense en belê in hul ontwikkeling.”

Bestuurende direkteur Sean Kruger verduidelik dat dit vir hom merkwaardig is om te kyk na die gemiddelde jare wat hul personeel by hulle aanbly. Van hul werknemers is al meer as 20 jaar by die maatskappy en oor die algemeen bly mense sewe jaar, en meer, by hulle aan.

Die eerste Lombard Tyres-tak.
Die Honey Junction-tak.
Die Alberton-tak.
Lombard Tyres se moedertak.

“Ek dink dit sê iets van hoe ‘n mens ‘n besigheid bedryf, dat daar regtig personeel is wat al so lank ‘n pad saam mens loop. Hulle word maar soos familie.

Hierdie tipe lojaliteit kom daarvan as jy in jou mense belê.”

Lombard Tyres het in die verlede rekrute ingeneem en hulle vir opleidingsprogramme gestuur. Van daardie mense het ook groot vordering gemaak en het selfs al takbestuurders geword. Kruger voeg by dat daar steeds ‘n groep is wat net na skool deur hulle in diens geneem, en vir opleiding gestuur word.

Waar dit alles begin het – Lombard Tyres in 1983.

Van die maatskappy se hoogtepunte is ook die nie-winsgewende organisasie wat hulle begin het naamlik die Red Shirts Club. Die organisasie bied gholfdae aan en samel fondse in vir liefdadigheid. Baie van die fondse is aan die Lions Clubs International geskenk en Kruger sê hulle skenk omtrent R300 000 per jaar aan liefdadigheid. Hul organisasie se slagspreuke is, When we play, charity wins.

Konstruksie by die Krugersdorp Wes-tak.

Kruger het verduidelik dat die diens wat hulle lewer, en hul reputasie, baie belangrik is.

Ons besef dat wanneer jy met jou familie in ‘n voertuig klim, sit jy jou mees waardevolste besittings se lewens in ons hande. Daarom wil ons verseker dat ons kwaliteit produk van die beste gehalte is.”

‘n Motor se uitlaatpyp word reggemaak.

Lombard verduidelik verdervdat hul diensfaktor ‘n groot rol in hul maatskappy speel. Dié word gevolg deur die waarde wat hulle wil toevoeg vir ‘n kliënt en hulle wil hê hulle kliënte moet hul naam versprei.

Deur hul winste terug te ploeg in die besigheid kon hulle ook tydens die Covid aanslag, en verskeie ekonomiese moeilikheid, verseker dat hulle hul werksmag behou – iets wat soveel ander maatskappye ongelukkig nie kon doen nie. Saam met hul 40ste betsaansjaar kan hul kliënte uitsien na ‘n hele paar lekker promosies, die eerste daarvan is dat kliënte by ‘n gelukkige trekking ingesluit word. Jy staan ook die kans om jou aankope terug te wen.

‘n Lombard werknemer besig met ‘n motor se wielsporing.

Op 4 Augustus het hulle webtuiste ‘n nuwe baadjie aangetrek en is meer verbruikersvriendelik. Hulle vra ook dat hul kliënte hul sosiale media en webtuiste dophou vir ‘n groot promosie wat tussen 24 en 26 Augustus gaan plaasvind.

Lombard het afgesluit deur te sê dat hy geseënd en bevoorreg is dat met die hulp van hul kliënte en uitstaande personeel en verskaffers kon hulle net hoër hoogtes bereik.

Hy hoop dat daar nóg 40 goeie jare asook meer groei vir die maatskappy sal wees.

Related Articles

 
Back to top button