Crime
Straatgeveg eindig in tragedie, polisie ondersoek moordsaak
'n Geveg in Uniestraat, Randgate het gelei tot die dood van 'n 58-jarige man.
‘n Saak van moord word ondersoek nadat ‘n 38-jarige man na bewering ‘n 58-jarige man gedurende ‘n bakleiery doodgeslaan het op Woensdagaand, 7 Augustus.
Volgens polisiewoordvoerder Kolonel Noxolo Kweza het twee mans in Uniestraat baklei. Sy het verder vertel dat die 58-jarige man tydens die bakleiery gesterf het.
“’n Saak van moord is oopgemaak en die 38-jarige man is in hegtenis geneem,” het Kweza gesê.
Kweza het bygevoeg dat die beskuldige se eerste verskyning in die hof reeds plaasgevind het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



