Crime

Veediewe teiken Brandvlei-plot: 21 boerbokke gesteel

Muur afgebreek, kabels geknip en meer as 20 boerbokke gesteel deur veediewe in Brandvlei.

Skade is gerig en 21 boerbokke is gesteel tydens ‘n inbraak by ‘n boer se plot in Brandvlei.

Volgens eienaar Johnny Lorenzo is minstens drie veediewe betrokke en het die inbraak rondom 02:00 op 18 Januarie plaasgevind. Hy sê hulle kon slegs flitse sien op hul sekuriteitskameras.

Verder het hy verduidelik dat daar egter meer veediewe kon wees.

Hy het aangegaan deur te sê die diewe het die muur tussen sy grond en die perseel langsaan afgebreek sowel as die elektriese heining geknip. Die diewe het daarna die kabels van die sekuriteitskameras geknip.

Altesaam was daar 25 boerbokke, waarvan 21 gesteel is. Vier van die 25 boerbokke asook sy beeste is wel die volgende oggend gevind in die buurman se erf.

Luitenant Kolonel Mavela Masondo is genader vir kommentaar maar nog geen terugvoering is ontvang teen druktyd nie.

Hulle terugvoering sal wel gepubliseer word sodra die Herald dit ontvang.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button