Local news

Cast Aways vra vir hulp met wilde kat

Ten spyte van die feit dat Cast Aways altyd gereed is om wilde katte te help steriliseer, het hulle tans nie die fondse om dit te doen nie.

Cast Aways Animal Sanctuary het die gemeenskap se hulp nodig om ‘n wilde kat te help.

Louisa Rossouw, eienaar van Cast Aways het verduidelik dat hulle ‘n wilde kat in Helikonpark gevind het. Sy het gesê hulle help graag met die sterilisasie van wilde katte aangesien dit die aantal babakatjies gedurende broeiseisoen verminder. Ongelukkig het hulle op die oomblik nie die fondse daarvoor nie en vra die gemeenskap om te help.

Enigiemand wat wil bydra, kan Louisa by 072 812 3333 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button