Liza is die atleet op almal se lippe
Sy is voorwaar 'n hoofleier waarop haar skool kan trots wees.
Liza Kellerman, een van Randfontein en SA se top atlete en ‘n leerling by Hoërskool Monument (Monnas) is onlangs verkies as sporthoofleier vir 2017.
Sy is op grond van haar puik prestasies in atletiek die afgelope vier jaar eers verkies tot die Matriekraad en daarna tot die Uitvoerende Raad.
Liza is tans die o.17 SA-skolekampioen in die 800m en is aangewys as die beste baanatleet onder die senior dogters.
Liza se prestasies slegs vanjaar sluit in:
– Eerste plek in die 800m by die SA Opekampioenskappe in Bloemfontein
– Tweede plek naas bekende atleet Caster Semenya by die senior Atletiek Suid-Afrika- (ASA-) byeenkoms in Stellenbosch
– Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse senior span in die 800m by die Afrika Kampioenskappe in Durban
– Tweede plek in die 800m by die Southern Regional Junior Champs in Zambië
– Lid van voorlopige SA junior span by die ASA-wêreldkampioenskappe in Pole
– Deel die eerste plek met haar Monnas-spanmaats by die NuPower-landloopbyeenkoms in Rustenburg waar sy die dogtersafdeling gewen het
Liza beplan om Suid-Afrika in Desember in die 800m in Angola te verteenwoordig waar sy teen lande waaronder Malawi, Lesotho, Botswana, Mosambiek, Swaziland en Mauritius gaan deelneem
Sy is voorwaar ‘n hoofleier waarop haar skool kan trots wees.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



