Renvoertuie brul op Oval-baan
Verskeie renvoertuie was in aksie op die Randfontein Oval-baan die afgelope naweek.
Randfontein Oval-baan se gewilde klubmotorsportresies het die afgelope naweek afgeskop.


Die aand was propvol wedrenaksie en met die reën wat weggebly het was daar byna 50 inskrywings. Die skare het soos altyd die aand terdeë geniet en Deon Coetzee, organiseerder van die wedren het gesê die aand was baie suksesvol.

Die volledige uitslae is as volg:
Quads-4 Strokes:
• 1ste – Jake Wilson
• 2de – Pieter Linde
• 3de – Dewald van Staden
Quads-2 Strokes
• 1ste – Justin Swanepoel
• 2de – Stewardt Fell
V8 Sprints:
• 1ste – Willie Zurich
• 2de – Kenny Gouws
• 3de – Johan Beukes
HotRods:
• 1ste – Jacques van Niekerk
• 2de – Gert Kruger
• 3de – Morne Pretorius
Ninjas:
• 1ste – Martin Nel
2100cc:
• 1ste – Fanie Swanepoel
• 2de – Gideon van Zyl
• 3de – Ivan Orme
1660cc:
• 1ste – Steve Nel
• 2de – LeeRoy Hoffman
• 3de – Chris Oberholzer
Flexis:
• 1ste – Louis Minnie
• 2de – Deon Coetzee
• 3de – Juan Wolmarans
Deon nooi Randfontein en al sy inwoners uit na die volgende resies wat op Saterdag, 25 Maart gaan plaasvind.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



