Local sportSport

Vrouerenjaers laat waai op Oval-baan

Die Quads-afdeling vir vroue was propvol aksie en adrenalien tydens 'n motorsportklubkompetisie by die Randfontein Oval-baan.

Renjaers van alle soorte het weer kort voor die Paastyd gewys wat in hulle steek tydens ‘n motorsportklubkompetisie by die Randfontein Oval-baan. Die kompetisie is Saterdag, 8 April gehou.

Deon Coetzee, eienaar van die Oval-baan het stof in die oë van sy mederenjaers geskop toe hy eerste oor die wenstreep in die 1660cc-afdeling gejaag het. LeeRoy Hoffman was tweede en Ludi Schnell derde.

Die Quads-afdeling vir vroue was propvol aksie en adrenalien. Foto ingestuur.

In die Midgets 8V-afdeling was Kobie Trollip eerste, Mason le Roux tweede en Tiaan Flynn in die derde plek. In die 2 x Stroke Quads-afdeling was Hano Trichardt net te goed, gevolg deur Gideon Jacobs en Ryno Trichardt. Ryno het ook in die 4 x Stroke Quads-afdeling ‘n eerste plek behaal met Bryan Herbst tweede en Ruan du Toit derde.

Hano Trighard in sy Datsun 1400. Foto: Ingestuur

Fanie Swanepoel het die 2100cc-afdeling gewen, Carlo de Lang was tweede en Gideon van Zyl derde. Die HotRods-renjaers was omtrent aan die brand met Keogan Maartens eerste, Morne Pretorius tweede en Jacque Venter derde.

Hoe kan ons dan die dames uitsluit? Vol adrenalien het verskeie vroue vir groot aksie in die Quads-afdeling vir vroue gesorg. Elandre Goosen spog met die eerste plek, Jolandi Raubenheimer met die tweede en Angeline Swanepoel met die derde plek.

Die Quads-afdeling vir vroue was propvol aksie en adrenalien. Foto ingestuur.

Die volgende klubrenne vind op Saterdag, 22 April weer by die Oval Renbaan plaas.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button