Die man agter die Randfontein Oval-baan
Deon Coetzee en sy vrou Marié is sedert 2007 die eienaars van die baan.
Wie is die persoon agter die renmotor wat opslae maak in en om Randfontein?
Deon Coetzee is alombekend in die gemeenskap. Hy is die renjaer wat gereeld te sien is by die Randfontein Oval-baan waarvan hy ook die eienaar is.
Die baan behoort sedert 2007 aan Deon en sy vrou Marié, wat onder die Womza- (World of Motorsports ZA-) vaandel byeenkomste aanbied. Die motors wat meeding is in die 1660-, 2100 Supers-, Tintops- en Flexi-klas. Daar neem ook V8 Sprints, Midgets en Quads deel.
Deon woon al 55 jaar in Randfontein en is al 21 jaar lank betrokke by die baan. Hy spog met vier kinders en agt kleinkinders.
“Ons hele familie is betrokke by die baan en ry ook self,” het Deon gesê.
Deon het ook laggend vir die Herald vertel dat sy hande vir niks verkeerd staan nie. Hy is gereeld besig met staalwerk en om renmotors op te bou.
“Ek het ‘n groot liefde vir die sport en ding soveel as moontlik mee in kompetisies,” het Deon gesê.
Deon nooi graag die hele gemeenskap uit om hom te kom ontmoet en ook om toekomstige wedrenne by te woon.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



