Eagles ryg nog medaljes in
Eagles Stoeiklub het weer vyf medaljes tydens 'n onlangse stoeitoernooi in Pretoria verower.
Die Eagles Stoeiklub het onlangs weer vyf medaljes tydens ‘n stoeitoernooi in Pretoria verower.
Die Sentraal-Gauteng Ope Stoeitoernooi was soos altyd een waarna stoeiers uitgesien het. Hulle het in verskillende kategorieë deelgeneem en elkeen ‘n medalje verower.

Ouers, bestuur en afrigters het die dag bygewoon en was baie trots op die leerders se puik prestasies.
“Die leerders se harde werk was duidelik op die mat,” het afrigter Gawie Erasmus gesê.
Die volgende stoeiers het medaljes verower:
• PJ Fourie – ‘n Silwermedalje in die o.9-afdeling
• Matteo Krog – Goud in die o.8-afdeling
• Henko Jacobs – Brons vir o.15 in die gewigskategorie 54kg tot 58kg
• Carl Barnard – Brons vir o.15 in die gewigskategorie 50kg tot 54kg
• Aldré Groenewald – Brons vir o.15 in die gewigskategorie 58kg tot 63kg
Die stoeiers is baie opgewonde vir hulle volgende toernooi wat Saterdag, 10 Junie in Newlands plaasvind.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



