Local sportSport

Drie rekords vir jong visserman

Xandré is maar 12 jaar oud maar hy kan visvang.

Randfontein het sy eie hengelaar wat besig is om opslae te maak – ook in ander provinsies.

Xandré Coetzee is slegs 12 jaar oud maar het onlangs drie rekords verbeter in die ouderdomsklasse van o.16, o.21 en seniors.

Xandré en sy pa hengel elke vakansie in Stilbaai. Hulle is ook betrokke by ‘n hengelklub in die Wes-Kaap en beoefen graag dié sport saam as pa en seun. Xandré neem gereeld aan verskeie kompetisies en ligas deel.

Die jong hengelboffin is onlangs gekies om die Eden Kushengelfederasie se o.16-span tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior Kushengel-toernooi in Januarie 2018 te verteenwoordig. Die toernooi word deur die Weskus Kushengelfederasie aangebied en sal in Langebaan aan die Kaapse Weskus plaasvind.

Xandré is ook onlangs as die top junior hengelaar van die jaar aangewys en beplan om in die toekoms meer rekords te verbeter.

Xandré se pa het aan die Herald vertel dat hy vir visvang lewe en dat hulle dié sport saam as gesin geniet.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button