Gholf in die naam van liefdadigheid
Gholfspelers van so ver as Brakpan en Vereeniging het 'n liefdadigheidsgeleentheid teen dwelmmisbruik by Randfontein Gholfklub kom ondersteun.
Nagenoeg 100 gholfspelers het gewys dat hulle omgee toe hulle op Sondag, 15 Oktober by die Randfontein Gholfklub afgeslaan het tydens die liefdadigheidsgeleentheid ten bate van Parents Against Drug Abuse (Pada).
Palm Classic Gholfklub in Toekomsrus, wat sedert 1989 bestaan, het die geleentheid gereël. Klubtesourier Grant Murry het vertel dat hulle iets wou teruggee aan die gemeenskap. Hulle het besluit om Pada, ‘n niewinsorganisasie in Toekomsrus te ondersteun omdat dwelmmisbruik ‘n groot probleem in die hele Randfontein is.

Janna Afrika is die kaptein, Theron Davis die voorsitter en Hilton Morgan die sekretaris van dié klub met sy 24 lede.
Daar was gholfspelers van so ver as Vereeniging en Brakpan. Justin Baker, Nelson de Oliveira en Gerrit Claasen het al drie van Brakpan af gekom en gesê dit is lekker om iets vir ‘n goeie doel te doen.

Die gholfspelers, wat die spel baie geniet het, het hulle nie deur die hitte laat afskrik nie. Edwin Goddgall was baie ernstig oor sy spel en was vasberade om ‘n prys los te slaan.
Behalwe vir die gholfaksie oor die 18 putjies is daar ook lootjies getrek en pryse uitgedeel gedurende die funksie aan die einde van die suksesvolle dag.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



