Toekennings vloei vir Eagles
Eagles Stoeiklub het hul hardwerkende stoeiers beloon tydens 'n onlangse prysuitdeling.
Die Eagles Stoeiklub het ‘n uitstekende jaar beleef met verskeie prestasies deur die lede.
Die klub se kalender vir die 2018-seisoen is reeds beskikbaar en lyk baie belowend.
Op 7 Desember het die klub sy jaarlikse prysuitdeling gehou waartydens die seisoen behoorlik afgesluit is.
“Ons is ongelooflik trots op al die stoeiers wat vanjaar so goed presteer het,” het klubafrigter Gawie Erasmus gesê.

Matteo Krog is aangewys as die Junior Stoeier van die Jaar en Aldre Groenewald as die Senior Stoeier van die Jaar. Carl Barnard het met die trofee weggestap vir die beste presterende stoeier vir 2017. Chanelle Groenewald is ook nie met leë hande daar weg nie en het ‘n prys gekry vir al die mooi foto’s wat sy gedurende die seisoen van die stoeiers geneem het. Tydens die prysuitdeling het die stoeiers ook die kans gekry om hulle ouers te bedank vir al hul opofferings om die kinders by die toernooie en oefeninge te kry.
Die klub sien daarna uit om volgende jaar ‘n paar nuwe kinders te verwelkom en weet sommer dat hulle die sport net so sal geniet.
Die klub is nou gesluit vir die vakansie en maak weer op 18 Januarie oop.
“Ons sien daarna uit om weer ‘n paar stoeiers na die SA-kampioenskappe te stuur wat in Oktober in die Kaap aangebied gaan word,” het Gawie gesê.
Die klub is doelgerig en beoog om hard te oefen vir die kompetisie. Voor die groot kampioenskappe sal daar heelwat ander groot toernooie plaasvind waar hulle met die stoeiers van ander klubs en provinsies sal meeding.
Die klub wil graag aan die hele gemeenskap ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige 2018 toewens.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



