Local sportSport

Elfjarige hengelaar laat die rekords spat

Sy het tydens die o.13 SA's tot vir die seuns gewys hoe dit gedoen moet word deur 'n 17,145kg-barber te vang.

Chanike Albrecht is duidelik op haar gelukkigste langs die viswater.

Dié 11-jarige leerder van Laerskool Rapportryer het gedurende die Desember-skoolvakansie by die o.13 SA Hengelkampioenskap in Bloemhof selfs vir die seuns gewys hoe dit gedoen moet word toe sy ‘n 17,145kg-barber gevang het.

Haar oupa, Hugo, het gesê dit is die grootste vis wat sy nog ooit gevang het en dit het haar byna ‘n uur geneem om dit wal toe te bring. Chanike het so die gouemedalje verower. Sy is boonop in die o.13-span van die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie (Savof) opgeneem en het ook haar SA-kleure ontvang.

Daarbenewens het Chanike die SA-rekord vir o.13’s geslaan toe sy ‘n graskarp van nagenoeg 14kg uitgetrek het.

Sy hengel sedert sy vier jaar oud is. Haar liefde vir hengel het ontstaan deur oupa Hugo en ouma Hilda, wat toe reeds aan ‘n hengelklub behoort het. Dit was egter nie oupa wat haar touwys gemaak het nie, maar wel Ouma. Van daar af het sy as hengelaar gegroei en al hoe meer verbeter.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button