Local sportSport

Goud vir Liza in Paarl

Liza Kellerman het weer opskrifte gehaal na 'n blink vertoning op die atletiekbaan in Paarl.

Liza Kellerman, voormalige leerder van Laerskool Randfontein (Ram) het weer op die atletiekbaan uitgeblink.

Sy het van 5 tot 7 April aan Atletiek Suid-Afrika (ASA) se junior kampioenskappe in die Paarl deelgeneem en ‘n gouemedalje in die 800m ingepalm.

Liza met haar medaljes.

Sy het toe op Donderdag, 12 April gehoor dat sy vir die SA Juniorspan gekies is wat aan die Confederation of African Athletics (CAA) se Afrika Kampioenskappe gaan deelneem teen atlete uit lande soos Kenia wat bekend is vir hul uitstaande vertonings in langafstanditems.

Volgens haar ma, Christa Kellerman, is Liza vol selfvertroue dat sy weer goud kan verower. Intussen oefen sy hard saam met haar afrigter, Hein Mare vir ‘n plek in die ASA-juniorspan wat aan die Wêreldkampioenskappe in Finland van 10 tot 15 Julie gaan deelneem.

Liza hoop ook om eendag haar land saam met die 800-meter gouemedaljevraat, Caster Semenya, by die Olimpiese Spele te verteenwoordig.

Liza is tans ‘n student aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) waar sy BCom Finansies studeer. Sy woon in Randfontein en was verlede jaar die sporthoofdogter by Hoërskool Monument.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button