Local sportSport

Randmark slaag Comrades-toets

Die uitslae is uit en dis hoe ons atlete van Randmark tydens vanjaar se Comrades gevaar het.

Vanjaar se Comrades met ‘n afstand van 90,184km word beskou as die taaiste nog. Ons eie Randmark-atlete het dit eerstehands ervaar.

Volgens Karin Bezuidenhout, hardloopverteenwoordiger van die klub het 12 lede deelgeneem waarvan 11 met amptelike tye asook ‘n medalje om die nek teruggekeer het.

Karin Bezduidenhout in aksie. Dit was haar heel eerste Comrades. Foto ingestuur.

Die atleet wat die vinnigste oor die eindstreep vir Randmark was, is Naledi Kutumela in ‘n spoggerige tyd van 7:19:59. Sy ontvang dus ‘n silwermedalje. Almon Zibuse (8:27:23) en Obed Motjale (8:28:04) het elkeen ‘n Bill Rowan-medalje ontvang omdat hulle die Comrades onder nege uur voltooi het.

Michael Moloi (9:13:58) en Daniel Willemse (9:56:18) is elk met ‘n bronsmedalje beloon omdat hulle die afstand in minder as 10 uur afgelê het, en terwyl Lorinda Engelbrecht en Charlene Beukman ook brons gekry het vir hul tye van onderskeidelik 10:25:42 en 10:40:53.

Vier ander Randmark-atlete het dan daarin geslaag om die Comrades onder 12 uur te voltooi en is daarvoor elk met ‘n Vic Clapham-medalje beloon. Hulle is Yolandi Botha (11:10:24), Lizeth Rowan (11:10:25), Edward Wahl (11:25:23) en Karin Bezuidenhout (11:57:28).

Charlene Beukman, een van vier Randmark-atlete wat ‘n bronsmedalje ontvang het. Foto ingestuur.

Ngebe Marumo kon nie die wedloop voltooi nie.

Irene Jonker, Floris du Plooy, Casper Rautenbach, Thabo Molefe, Helgard Wilkins, Butch Grobbelaar, Christo Schoeman en Manie Waldick het wel vir die wedloop gekwalifiseer, maar kon nie deelneem nie weens beserings of gesondheidsprobleme.

Karin, wat vir die eerste keer die moordende afstand afgelê het, het gesê dit was die moeilikste ding wat sy nog ooit gedoen het – dis nou iemand wat al agt keer die 947-fietswedren asook die Ysterman-kompetisie aangepak het.

“Dis taai. As jy by die 60km-merk kom, kan jou lyf nie meer nie. Ek was nog nooit so seer in my hele lewe nie. Na die marathon loop ons almal soos pikkewyne. Vanjaar s’n was afdraand en dit sit baie meer spanning op jou bene, veral jou knieë en enkels. Ek het plek-plek gehuil en in ‘n stadium wou ek my tekkies verkoop en huis toe gaan.

Lizeth Rowan in aksie. Foto ingestuur.

“Vir die gemiddelde deelnemer is dit nie maklik nie, maar gelukkig was daar ervare mense wat ons kon ondersteun en die heeltyd motiveer. So 15km voor die einde het ek gestap maar ‘n ander deelnemer het vir my gesê ek moet hardloop anders gaan ek nie betyds klaarmaak nie.”

Vir dié wat dit oorweeg om die Comrades aan te durf, het Karin gesê dit verg nagenoeg twee jaar se voorbereiding, “So dink mooi …”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button