Local sportSport

Teine op soek na jong rugbytalent

Randfontein Rugbyklub se juniorafdeling is op soek na nog nuwe en vars rugbytalent.

Tinus Nortjé, die voorsitter van Randfontein Rugbyklub se juniorafdeling is op soek na nog nuwe en vars rugbytalent.

Hy nooi alle seuns tussen die ouderdom van sewe en 18 uit om by dié klub aan te sluit.

Hy het vertel dat die Randfontein Rugbyklub se nuwe komitee nie net hul logo en truie verander het nie, maar dat hulle voortaan fokus op die ontwikkeling van jong rugbyspelers. Die afrigters van die klub is doelgerig om goeie spelers so af te rig dat hulle hul volle potensiaal kan bereik.

“Ons fokus op die ontwikkeling van rugbyspelers vir skole,” het Tinus gesê. Die klub het 30 afrigters en spanbestuurders wat die 11 spanne van Maandae tot Donderdae afrig.

“Spelers van o.13 en ouer het die geleentheid om aan proewe deel te neem. Dié wat gekies word, kan moontlik aan die IPT-toernooi deelneem wat deur die Sharks aangebied word,” het hy verduidelik. Spelers het ook al in die verlede beurse gekry om te gaan studeer.

Volgens Tinus is daar 17 soortgelyke klubs in Gauteng. Randfontein Rugbyklub se spanne gaan wedstryde teen klubs in die omgewing speel.

Daar is baie goeie vooruitsigte vir die klub en die toekoms lyk belowend. Spelers kan binnekort aan 7’s-wedstryde deelneem.”

“Ons is baie opgewonde oor besighede wat ons borg en ondersteun. Steers gaan ons miskien help met ‘n groot borgskap,” het Tinus vertel.

Vir meer inligting oor die Randfontein Rugbyklub, kontak Tinus Nortjé by 071 350 0814.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button