Local sportSport

Groot opwinding by 4×4-dag in Rodora

Onder die trekpleisters was die pypkarre wat die monde laat oophang het met hul vernuftige pogings teen vreesaanjaende hoeke.

Dit was ’n aksiebelaaide skouspel soos min op 22 September toe die Hervormde Kerk Sionspoort en EPR Sekuriteit kragte saamgesnoer het om ’n 4×4-uitdaging aan te bied.

Die gewilde jaarlikse instelling onder viertrek-entoesiaste het vanjaar vir die eerste maal by Doringfonteinpan, Rodora, plaasgevind en die hoofdoel was om fondse vir die gemeente in te samel.

“Met die gesonde wedywering, lekker eet- en drinkgoed, en pret vir kinders van alle ouderdomme, sowel as die fantastiese gees wat geheers het, was dit ‘n heerlike gesinsuitstappie,” het dominee Johan van Staden van die gemeente gesê.

Die nuwe baan met 10 hindernisse, elk met drie opsies van verskillende moeilikheidgrade, het besondere byval gevind by deelnemers van alle vaardigheidsvlakke en ervaring. Foto: Ingestuur

Die nuwe baan met 10 hindernisse, elk met drie opsies van verskillende moeilikheidsgrade, het besondere byval gevind by deelnemers van alle vaardigheidsvlakke en ervaring. Vir die groot getal toeskouers was daar meer as genoeg opwinding en aksie om kykplesier te verskaf.

“Onder die trekpleisters was die pypkarre wat die monde laat oophang het met hul vernuftige pogings teen vreesaanjaende hoeke, sowel as die moddergat en ander uitdagings,” het hy gesê.

“Die Gemeente Sionspoort bedank elkeen wat betrokke was by die organisering en aanbieding van die baie suksesvolle geleentheid, veral EPR se bestuur en personeel, sowel as al die ander borge, uitstallers, ondersteuners, deelnemers en toeskouers.”

Die kompetisie was besonder straf. Die volgende deelnemers het uiteindelik bo aan die puntelys geëindig in hul onderskeie kategorieë:

– Standaardklas: Johan Bekker

– Gemodifiseerde klas: Leon Gous

– Ekstreemklas: Jacques Swart

– Locker: Pieter Johnson

– Pro locker: Mark van der End

– Buggy: Nardus Viljoen

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button