Local sportSport

Rekords spat by Jannas-huissport

Tien rekords is tydens Hoërskool Jan Viljoen se huissport verbeter.

Die rekords het gespat tydens Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se huissportbyeenkoms wat op Vrydag, 18 Januarie gehou is.

Volgens Nirica Crous, waarnemende skoolwoordvoerder het ses leerders 10 rekords in totaal verbeter.

“Hermien van Coller, die organiseerder, het uit haar pad gegaan om ‘n sukses van die byeenkoms te maak. Grade het teen mekaar deelgeneem vir die meeste gees deur punte bymekaar te maak en die Graad 11’s het met hul 511 punte koning gekraai,” het Nirica gesê.

Angelique van Niekerk tydens Hoërskool Jan Viljoen se huissport. Foto: ingestuur

Louis Smit (seuns o.16) het die 200m-item in 23,34 sekondes voltooi, maar dis nie al nie. Hy het ook die 100m-item in ‘n haastige 11,56 sekondes klaargemaak asook die 110m hekkies-item in 14,81 sekondes afgelê.

Hlulani Nwandzule (seuns o.15) het die 100m in 11,59 sekondes en die 200m-item in 23,72 sekondes voltooi. George Schmulling (seuns o.17) het daarin geslaag om afstande van 37,07m in die diskusitem en 12,19m in gewigstootitem te haal.

Francois Walters tydens Hoërskool Jan Viljoen se huissport. Foto ingestuur.

Dwayne du Plessis (seuns 0.14) het die verspringrekord tot 5,12m verbeter. Arno Janse van Vuuren (seuns o.17) het die hoogspringrekord tot 1,85m verbeter en Lounita Vorster (dogters o.15) het 10,20m in die gewigstootitem gegooi.

“Die Junior Victrix en Victor Ludorum is Lounita Vorster en Hlulani Nwandzule. Die Senior Victrix Ludorum is Zurica van Heerden en Louis Smit is aangewys as Senior Victor Ludorum,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button