Local sportSport

Tiene se seisoen skop af!

Die gemeenskap kan hul plaaslike rugbyspanne vir die eerste keer vanjaar in aksie sien teen East Rand United.

Randfontein Rugbyklub (Teine) skop eerskomende Saterdag, 2 Februarie hul seisoen af met ‘n vriendskaplike wedstryd teen East Rand United.

Teine se eerste- en tweederugbyspan sal in aksie wees by die Greenhills-stadion. Die kragmeting tussen die tweedespanne begin om 11vm waarna die eerstespanne mekaar omstreeks 12.45nm gaan pak.

“Daar is heelwat nuwe gesigte in Randfontein Rugbyklub se eerste- en tweedespan. Ons sien almal uit na die begin van die seisoen,” het Johan Cronje, voorsitter van die klub gesê.

Deon van Rensburg, Teine se nuwe eerstespanafrigter en voormalige Goue Leeus-rugbyspeler het bygevoeg, “Ons eerstespan het ‘n goeie voorseisoen gehad en is opgewonde vir vanjaar se Pirates Groot Uitdaagreeks”.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button