Local sportSport

Connies-atlete gee alles

Vyf organisasies vir persone met gestremdhede het aan ‘n atletiekbyeenkoms by die Connie Mulder Sentrum deelgeneem.

Inwoners van die Connie Mulder Sentrum het op Dinsdag, 19 en Woensdag, 20 Maart hul allerbeste op die atletiekveld en -baan gegee.

Volgens Fransie Hulme van die sentrum het Connies, Die Oord, Gateway Huis vir Geestesgestremdes, Irene Homes vir Verstandelik Gestremdes, Logwood Village en die Wes-Randse Vereniging vir Fisies Gestremde Persone aan die byeenkoms deelgeneem.

Lucky Martin in aksie tydens die spiesgooi. Foto: Jaco-Mari Futcher

Daar was 52 atlete van die Connie Mulder Sentrum wat die dag deelgeneem het. Die oudste deelnemer was die 70-jarige Hendrik Kleynhans.

Fransie het gesê dat die hoogtepunt was toe die deelnemers van al die sentrums aan die begin van die byeenkoms om die veld gestap het terwyl Chariots of Fire” gespeel het.

Die 62-jarige Susan Roberts in aksie by die verspring.
Foto: Jaco-Mari Futcher.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button