Local sportSport
Vroue sit die bal aan die rol
Daar was groot sports tydens die Randfontein Rolbalklub se jaarlikse sportdag vir vroue op 24 April.
Vrouemaand is eers in Augustus maar Randfontein Rolbalklub het reeds op Woensdag, 24 April ‘n spesiale sportdag net vir vroue aangebied.
Hoewel dit ‘n baie reënerige dag was, het dit nie die vroue afgeskrik nie en hulle het aanhou speel deur die onweer.

Volgens Vera Pretorius, organiseerder van dié dag, word dit jaarliks in groot getalle en met groot opwinding bygewoon. Vanjaar het 88 lede van verskeie klub in die Sables-distrik deelgeneem.
Daar was groot pryse te wen en daar is lootjies vir geskenkpakke verkoop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



