Akro-dansers wys hul talent
Drie dansers van Phoenix School of Preforming Arts in Randgate het onlangs Randfontein se naam hoog gehou in ‘n internasionale danskompetisie in Kroasië.
Meer as 30 lande se akro-dansers het aan die DanceStar World Finals deelgeneem en drie Randfonteiners het dit reggekry om in die top drie van hul kategorieë te eindig.
Volgens Margie Bouwer, eienaar van Phoenix School of Performing Arts, het Chenique, 12, en Nicole Bouwer, 16, asook Ashley Jansen van Vuuren, 18, van dié dansskool, die voorreg gehad om aan die kompetisie deel te neem.

Chenique en Nicole se duet het tweede plek in die A-liga gekry en Nicole en Ashley se duet het derde plek in die B-liga gekry. Die drie dansers se trio het derde plek in die B-liga behaal.
“Daar was dansers van 30 lande, so ons was geskok oor die dansers se prestasies. Ons het hul prestasies vir drie dae lank gevier,” het Margie gesê.





