Local sportSport

Riebeeckrand skitter by Nasionale Eisteddfod

Hoërskool Riebeeckrand het verskeie toekennings tydens die Nasionale Eisteddfod ingepalm.

Hoërskool Riebeeckrand spog vanjaar met verskeie toekennings by die National Eisteddfod of South Africa- (NEA-) toekenningsaand.

Die skool het een ambassadeurstoekenning, drie kategoriewennertoekennings en vyf itemwennertoekennings ontvang.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, is die Graad 8 Public Speaking-span, die Graad 9-redenaarspan en die Pom-poms as kategoriewenners aangewys. Die Pom-poms het ook ‘n ambassadeurstoekenning ontvang.

“Die Graad 10-, 11- en 12-spanredenaars is as itemwenners aangewys, so ook die spreekkoor en die dramagroep van die skool. Devonique Breedt, ‘n Graad 10-leerder, het ‘n tweede plek in die Top 10 van Gauteng-Wes behaal, asook ‘n medalje as kategoriewenner in English Poetry.

“Hoërskool Riebeeckrand se koor, spreekkoor, vier dansgroepe, Pom-poms, 11 redenaarspanne, 11 Public Speaking-spanne, vier dramagroepe en twee toneelgroepe het vanjaar aan die NEA deelgeneem,” het sy vertel.

Volgens Elzeri is die Riebeeckrand-familie baie trots op al hul kultuurleerders en hulle afrigters.

“Hul harde werk en uitstekende prestasies word raakgesien en dit maak ons trots.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button