Local sportSport
Ringbalklub hou pretdag as fondsinsameling
Daar is rolbal gespeel tydens die pretdag/ fondsinsameling vir die Greenhills Ringbalklub.
Die Greenhills Ringbalklub het op Saterdag, 11 Januarie ‘n fondsinsameling by die Randfontein Rolbalklub aangebied.
Volgens Neels van Aswegen, voorsitter van die Ringbalklub, was dit ‘n geleentheid vir die ringballede om te ontspan en terselfdertyd geld in te samel.

Foto: Michelle Roodt.
“Die fondse gaan onder andere gebruik word om ons fasiliteite op te knap. Ons moet veral ons bane en ligte opgradeer sodat dit reg is vir die nuwe seisoen,” het Neels gesĂȘ.
Hy het vertel dat die 2010-seisoen reeds aan die gang is en dat oefeninge op Dinsdae en Donderdae tussen 7nm en 9nm plaasvind.

Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



