Randmark maak weer hul deure wawyd oop
'Op 20 Augustus maak ons weer ons deur oop vir die weeklikse klubaande' – media-verteenwoordiger.
Randmark Hardloop- en Fietsryklub se weeklikse klubaande sal weer op Donderdag, 20 Augustus hervat word.
Sportklubs het lelik onder Covid-19 regulasies en inperking deurgeloop maar met die land wat onlangs Vlak 2 toe geskuif het, is dit nou ‘n ander storie.

Lee Kotze, mediaverteenwoordiger van Randmark het bevestig, “Op 20 Augustus maak ons weer ons deur oop vir die weeklikse klubaande.
Klubaande is vir klublede en diegene wat belangstel om ‘n klublid te word. Die nodige maatreëls is in plek soos om temperature te meet, en is daar handontsmetmiddels.”
Volgens Lee bied die klub reeds oor naweke bergfiets-, padfiets- en hardloopaktiwiteite aan.
Randmark beplan ook tweekampe op 19 September, 3 Oktober en 17 Oktober.

Kontak besonderhede:
Kontak vir Paul Kotze op 083 266 0480 of Lee Kotze op 079 546 9979.




