Local sportSport

Rachelle se mikpunt is Afrika se nommereen

'CrossFit is definitief die beste ding om te doen as jy goed wil voel oor jouself; sterker, fikser en gesonder wil wees.'

Rachelle du Plessis, 30, een van die eienaars asook ‘n afrigter van R&R Elite Fitness doen CrossFit vir nog net vier jaar maar sy het reeds talle titels ingepalm.
Sy het vertel dat sy met CrossFit begin het omdat sy hou van strawwe oefening.

Ek word gemotiveer deur die feit dat al my atlete en vele ander mense na my opkyk, en dat ek hulle motiveer om hulself te druk om te presteer,” het sy vertel.

Volgens Rachelle is die moeilikste deel van CrossFit vir haar om elke dag hard te werk al is sy nie daarvoor lus nie. CrossFit is nie maklik nie, dit alles verg harde werk.

Sy het onlangs aan die CrossFit Open deelgeneem waar sy die Top 70 uit 2 300 vroue in Afrika gehaal het. In die kwarteindrondte het sy 43e geëindig in Afrika – sy het ongelukkig die halfeindstryde met 13 plekke misgeloop.

“Ek het met een van die oefeninge (‘n vier rep max front squat) derde geplaas in Afrika, en is ook onder die Top 35 in die wêreld met ‘n 122kg-gewig.”

Rachelle du Plessis het ‘n passie vir CrossFit. Foto: Michelle Roodt.

Haar prestasies sluit die volgende in:
• Sy en haar span het die Arnold Classics gewen
• Sy het tweede plek verower by die Clarens Winter Games
• Sy het ook haar Level 1-kursus gedoen

Rachelle het verduidelik dat die gevoel van ‘sterk wees’ asook die mense by CrossFit dit vir haar baie lekker maak.

Sy oefen tans twee keer per dag, ses keer ‘n week en sy streef daarna om nommer een in Afrika te wees.

CrossFit is definitief die beste ding om te doen as jy goed wil voel oor jouself; sterker, fikser en gesonder wil wees; en as jy mense wil ontmoet wat dieselfde passie as jy het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button