Local sportSport

Wes-Rand se kraggooiers

Die Hoërskool Noordheuwel Atletiekklub se lede wat by Pierre Blignaut afrigting ontvang, het 10 medaljes ingepalm.

Noordheuwel — Wat verg dit om een van die wêreld se top gewigstoot- en diskusatlete te word? Die eerste stap is om die nodige passie te hê en die tweede is om deur ‘n eersteklas- en wêreldbekende afrigter touwys gemaak te word.

Die Pierre Blignaut Gewigstoot en Diskus Akademie het oor die jare heen al talle van Suid-Afrika se topatlete opgelewer. Hul jongste groep het die afgelope paar maande aan talle groot kompetisies deelgeneem en skoonskip gemaak wat die pryse betref.

Kyla Nienaber was indrukwekkend in die gewigstoot. Foto: Andries Kriel.

Gedurende die Sentraal-Gauteng Atletiekkampioenskappe (SGA) in April het die Akademie se atlete die medaljes ingeryg – Kyla Nienaber met twee silwer, Miguel Correia Do Ribeiro met twee goud, JL van Rensburg met twee silwer, Vernon McLean met een silwer, Jean Botha met een silwer, en Hardus Nortje en Lienneke Malan elkeen met een brons.

Hierdie sewe atlete het ook gekwalifiseer om in April vir Sentraal-Gauteng by die ASA TWIZZA SA Junior Kampioenskappe by die Dal Josaphat Stadion in Paarl, Wes-Kaap te verteenwoordig. Daar het Miguel ‘n goud in gewigstoot behaal met sy 19.34m-gooi, JL se 18.36m in gewigstoot het hom silwer besorg, en Dane het ‘n silwer in gewigstoot en Dane ‘n silwer in diskus verwerf.
Tydens TWIZZA SA het die 17-jarige Zonica Lineque die eerste Suid-Afrikaanse vroue-atleet geword wat ‘n 3kg-gewig verder as 18m gegooi het. Haar nuwe SA-rekord van 18.18m het ook verseker dat sy nou nommer een op die IAAF-wêreldranglys is. Hierdie prestasie kan ook moontlik vir haar ‘n plek in die nasionale span verseker.

Hardus Nortje gooi sy diskus. Foto: Andries Kruger.

“Met so ‘n groot versameling medaljes net ‘n paar maande nadat die Akademie in vennootskap met Hoërskool Noordheuwel getree het, is daar geen twyfel oor wat die toekoms inhou nie: vir dié atlete om die kragtigste gooiers aan die Wes-Rand te word!” het Eben Vermaas, ‘n klubafrigter gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button