Local sportSport

Talentvolle seun leef vir krieket

'Ons almal droom daarvan om eendag vir 'n provinsiale span en dan vir die Proteas te speel' – jong passievolle krieketspeler Tiaan Hendriks.

Die krieketseisoen is in volle swang en dié gogga hou aan om die jong en passievolle speler Tiaan Hendriks te byt.

Die 13-jarige Tiaan speel krieket sedert hy sewe was. Volgens sy pa, Stefan Hendriks kom Tiaan se liefde vir die sport van sy ouer broer wat gereeld vir Tiaan saam met hom Randfontein Krieketklub toe gevat het wanneer hy oefen.

Tiaan se groot liefde is vir die kolf, hoewel hy ‘n veelsydige speler is.

“Hy is ‘n goeie wegbreekbouler en het selfs al paaltjiewagter gespeel,” het sy pa gesê.

Tydens die seisoen oefen Tiaan tussen twee tot drie keer ‘n week by die Randfontein Krieketklub, en buite seisoen oefen hy een keer per week.

“Tiaan wil eendag sy liefde vir die sport uitleef. Wat hom ook al beskore is, hy sal altyd sy beste gee.”

Hy het vertel dat sy seun se doel is om vir Hoërskool Noordheuwel krieket te speel.

Ons almal droom daarvan om eendag vir ‘n provinsiale span en dan vir die Proteas te speel, maar nou is dit net om krieket te speel en om elke oomblik daarvan te geniet,” het Tiaan gesê.

Daar is nie iemand spesifiek na wie Tiaan opkyk nie, maar sy afrigter Agri Zondi is sy groot dryfkrag wat hom te lei om die beste te kan wees en sy volle potensiaal te bereik.

“Hy weet daar is altyd iemand beter as hy, en hy weet dat jy nooit groter as die sport moet wees nie.”

Sommige van Tiaan se prestasies:

• Hy is al dikwels as die speler van die wedstryd op skool-, klub- en Gauteng-Wes-vlak aangewys.
• Sedert agtjarige ouderdom het hy elke jaar die trofee vir beste kolwer by sy skool gekry.
• Sedert 2017 haal hy elke jaar die Rand Wes Distrik- asook Gauteng-Wes-span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button