Eagles-stoeiers vlieg hoog in Klerksdorp
Die Eagles Stoeiklub het Randfontein se naam hoog gehou tydens die Noordwes Ope-toernooi in Klerksdorp.
Die Eagles Stoeiklub het tydens die Noordwes Ope-toernooi uitstekend presteer en talle toekennings ingepalm.
Die toernooi het op 4 September in Klerksdorp plaasgevind.
Klubbemarker en ‘n spanbestuurder Este Steenkamp het gesê Eagles-lede het die dorp se naam hoog gehou by die toernooi waaraan ongeveer 13 klubs en 85 stoeiers deelgeneem het.
Die volgende Eagles-lede het toekennings ontvang:
• Willie Steenkamp ontvang goud (Senior kategorie)
• Aldre Groenewald ontvang silwer (Junior kategorie)
• Chanelle Groenewald ontvang goud (Junior kategorie)
• Dean van Rooyen ontvang silwer (o.13-kategorie)
• Luan Lerinc ontvang brons (o.11-kategorie)
• Zayden Steenkamp ontvang silwer (o.10-kategorie)
Al die Eagles-stoeiers wat aan die toernooi deelgeneem het is gekies om Sentraal-Gauteng by die SA Kampioenskappe in Oktober te verteenwoordig.



