Local sportSport

Krieket weer verwelkom met opwindende 6’s-fees

Randfontein Krieketklub het sy eerste Mahindra 6's Festival gedurende die eerste naweek in Oktober aangebied.

Dit was ‘n naweek vol pret tydens Randfontein Krieketklub se Mahindra 6’s Festival wat op Saterdag 2 en Sondag 3 Oktober plaasgevind het.

Volgens Fred Page, voorsitter van die klub, het die klub sy eerste 6’s-fees aangebied met Randfontein Mahindra as hoofborg.

Jean Carstens gereed om sy boulbeurt te begin. Foto: Hannetjie Stadler.

“Ons het dit gehou om weer ons plaaslike gemeenskap na die sportgronde toe terug te bring asook om die ontwikkeling en voortbestaan van krieket in Randfontein te verseker,” het Fred verduidelik.

Daar het 10 spanne aan die fees deelgeneem en 36 wedstryde is oor die twee dae gespeel.

“Twee plaaslike spanne het in die finaal teen mekaar gespeel, naamlik die Renegades en die Underdogs. Die Underdogs het uiteindelik gewen.”

Die volgende spelers het ook pryse gewen:

• Bouler van die fees – JD Pretorius
• Opkomende speler van die fees – FG Mulder
• Kolwer van die fees – Jimmy Raynolds

Die klub bedank graag die volgende borge wat ook tot die fees se sukses bygedra het, naamlik Mapogo A Mathamaga, Sports Frenzy Helderkruin, Prestige Paving Krugersdorp, en Randfontein Jumping Castle.

Tumelo Pitso en Sandile Hlatswayo. Foto: Hannetjie Stadler.

“Randfontein Krieketklub wil hierdie fees ‘n jaarlikse instelling maak. Ons is tans in die proses om ‘n soortgelyke fees vir vroeg volgende jaar vir ons juniorspelers in die streek te beplan,” het Fred vertel.

Die klub nooi ook almal wat daarin belangstel om by hulle krieket te speel om hulle te kontak.

Die 2021/2022 Sentraal Goue Leeus Liga begin reeds op 9 Oktober vir die seniorspanne. Die oefentye is Dinsdae- en Donderdaemiddae van 16:00 tot 18:00. Skakel vir Jimmy by 082 740 9320.

Die juniors se seisoen gaan teen middel-Oktober begin. Oefening is op Saterdae van 09:00 tot 11:00 by die Randfontein Krieketklub. Vir meer inligting, skakel Yolanda by 074 435 9011.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button