Local sportSport

Dubbel soveel RandMark-lede pak Race To The Sun in 2022

Daar heers 'n groot opgewondenheid onder RandMark-lede met die aankondiging dat 21 van hulle (11 meer as in 2021) vanjaar se uitdagende Race To The Sun aanpak.

Talle fietsryers van RandMark gaan weer vanjaar se uitdagende Race To The Sun aanpak.

Dit is ‘n 160km-fietsren wat by die oewer in Hartbeespoort begin en uiteindelik by Sun City naby Rustenburg eindig.

Lees ook: Members of Randmark honoured for completing Race to the Sun

Klubwoordvoerder Lee Kotze het vertel dat dit ‘n eendagwedren is en deelnemers het 10 uur 40 minute om die wedren te voltooi.

Vanjaar is daar 21 lede van RandMark wat aan die wedren gaan deelneem teenoor 2021 se 11 deelnemers.

Sy het verduidelik dat baie families die wedren gaan aanpak, soos pa en dogter Jan en Lee Kotze; man en vrou Thinus en Laneses Forbes; man en vrou Mike en Trudie Reid; en pa en seun Nico en Tiaan Smit.

Daar heers groot opgewondenheid onder die klublede wat wissel van ryers wat mik vir ‘n silvermedalje tot diĆ© wat net die fietsren wil voltooi. Tydens Randmark se weeklikse aktiwiteite word daar gereeld strategie gesels en raad word gegee aan deelmeners wat dit vir die eerste keer aanpak.”

Sy het vertel dat die eerste 80km van die roete afdraande is en ryers kan daar lekker tyd opmaak. Dit is baie belangrik om die voordeel van die afdraande te gebruik want tussen 90km en 100km begin ryers te klim tot net verby die 120km-merk.

“Die wedren kan ook voltooi word in spanne van twee, en Trudie Reid en Burgert Smit gaan as gemengde span deelneem in die E-bike afdeling wat beteken dat een spanmaat die eerste 80km van die wedren doen, en die tweede spanmaat die laaste 80km.

Anton Coetzee, Lee Kotze en Bruce Minne. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button