Local sportSport

Teine speel gasheer vir Provinsiale Amateurrugbydag

Al die aksie het op Saterdag, 3 September by die Randfontein Rugbyklub plaasgevind.

Randfontein Rugbyklub het op Saterdag, 3 September die eer gehad om gasheer te wees vir ‘n Provinsiale Amateurdag van die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU).

Randfontein Rugyklubbestuurder, Lulu Kleyn het vertel dat die dag op ‘n hoë noot afgeskop het met Teine se o.20’s wat 29–17 teen UJ geseëvier het. Teine het so hul plek heel bo in Poel 1 van die Memorial Cup bevestig.

Lees ook: Teine te goed vir Raiders in Memorial-kragmeting

Collin da Corte trek ‘n opponent af grond toe. Foto: Billy Sass.

Hierna het die GLRU se Sub Unie-span ongelukkig 46–41 die knie voor ‘n Leopards Sub Unie-span gebuig. Die GLRU Amateurspan het wel die dag afgesluit met ‘n welverdiende oorwinning van 46–22 teen ‘n Griffons Amateurspan.

Randfontein spog ook met 15 spelers in die GLRU Sub Unie-span en vier spelers in die GLRU Amateurspan.

Franco Tiedt is gereed om die bal te laat loop. Foto: Billy Sass.

Hardus van Aswegen, Pierre Rabie, Eben Vorster, Lenton Jamani, Dewalt Sonnekus, Barend Beyleveld, Franco Tiedt, Tiaan Nel, Rudi Marx, Swys Pretorius, Donovan Jonker, Ruan Pieterse, Manny Rodrigues, Lesley Koekemoer en Steff Calitz sal die GLRU Sub Unie-span verteenwoordig terwyl Johan Swart, Andrew Volschenk, Itu Mpete en Christoff Kleyn vir die GLRU Amateurspan sal uitdraf.

Lees ook: Teine bring Senior Groot Uitdaagbeker huistoe!

Dit was vir ons ‘n baie groot eer en voorreg om ‘n byeenkoms op provinsiale vlak aan te bied en dit was beslis ‘n trappie hoër as net die gewone ligawedstryde. Die atmosfeer en gees was fantasties en ons sal dit beslis weer doen,” het Lulu vertel.

Henry Payne reguit doellyn toe om ‘n drie te druk. Foto: Billy Sass.
Steff Calitz maak seker voor hy die bal uitgee. Foto: Billy Sass.
Itu Mpete, Christoff Kleyn, Johan Swart en Andrew Volschenk. Foto: ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button